Landwye Maatskappy Is Op Soek Na Personeel Vir Hul George-Tak, George, Eden. Company Name: Yantek Industries PTY Ltd. Landwye Maatskappy Is Op Soek Na Personeel Vir Hul George-Tak. Fikse en gesonde, hardwerkende, lojale persone met geldige C1-bestuurslisensies (EC/EB sal voorkeur geniet) en 'n agtergrond in konstruksie/onderhoudswerk/staalwerk word benodig. Indiensopleiding sal verskaf word.
Hoofvereistes : moet in staat wees om swaar masjinerie en toerusting met 'n gewig van tot en met 1.8 ton met 'n "trolley jack" te skuif, moet klein bouprojekte kan uitvoer, bv. verfwerk, teelwerk, ens. Moet ook met elektriese gereedskap, bv sweismasjiene, bore en "grinders" kan werk. Ons is op soek na 'n goeie "all rounder".
Daar sal van geskikte kandidate verwag word om soms uit George te slaap wanneer daar ver gewerk word - alle kostes word deur die maatskappy betaal. Die werkswinkel is egter in George gebaseer en projekte word van hier bedryf en uitgevoer. Moet goed in spanverband kan werk, maar ook eie inisiatief kan gebruik. Individue sal vir 'n 3-maande proeftydperk aangestel word en sal 'n praktiese toets moet slaag voor hierdie aanstelling geskied. Geen kriminele rekord - alle aansoeke word aan ondersoeke onderwerp. Daar word op bankpersele gewerk en daarom is eerlikheid en betroubaarbaarheid besonder belangrik. Sober gewoontes en geen rokers. Geen mediese beperkings : sal 'n mediese ondersoek moet slaag - word deur die maatskappy betaal. Individue moet netjies, geduldig, vriendelik en behulpsaam wees aangesien hulle die maatskappy by kliente verteenwoordig.
Goed taalvaardig in Afrikaans en Engels, minimum graad 12 kwalifikasie, praktiese aanleg, ondervinding van die konstruksie/onderhoudsbedryf en bereidwilligheid om te leer tel baie punte! Vergoeding onderhewig aan ondervinding, maatskappyvoertuig met brandstof nadat proeftydperk suksesvol voltooi is. Individue moet binne 'n 30km radius vanaf George woonsaam wees en moet oor eie vervoer na en van werkplek beskik. Moet verwysings verskaf wat gekontak kan word. Slegs ernstige aansoeke sal oorweeg word.
Ure: 07:00 - 16:00 van Maandag tot Vrydag, oortyd teen vooraf bepaalde tariewe soos nodig.
An Important Announcement from (jobscoin.com) for jobs seekers and employers.
Do not pay any type of payment to get the job or hire someone. We are just sharing jobs from multiple sources and we are not responsible for any type of scam.
voor 31 Julie 2023.
NOTE: Never make payment to any employer, person, company, contractor or agency to get hired for a Job.
Stuur aansoeke per epos na: gary@yantek.co.za of georgina@yantek.co.za
Posted: 21-04-2022 Location: Milnerton,Western Cape,South Africa