Location: Brackenfell,Northern Suburbs,South Africa

Location: Brackenfell, Northern Suburbs, Job Type: Full-Time. Fasiliteerderpos. Ons dogter, Mia, is tans 'n graad 1 leerder by Paarl Spesiale Skool in Brackenfell. Sy is 9 jaar oud met 'n borrelende persoonlikheid, baie hiperaktief, het epilepsie, sukkel met motoriese beplanning en het ontwikkelingsagterstande. Haar klasjuffrou, die sielkundige en arbeidsterapeut by die Paarl Skool sal presies verduidelik wat om te doen en hoe jy haar kan ondersteun. Deurlopende ondersteuning van ons en die personeel sal gegee word. Dit is 'n wonderlike geleentheid om in diens opleiding te ontvang as jy byvoorbeeld verder wil studeer in onderwys, opvoedkundige sielkunde of ondersteuningdienste.

Ons kan R5000 per maand bekostig. Tye is van 08:00 soggens tot 16:00 in die middae.  Vrydae is net tot 15:00. Geen ondersteuning word in skoolvakansies benodig nie. Daar sal dan verwag word dat die fasiliteerder Mia elke oggend 08:00 by die skool ontmoet en haar in die klas ondersteun. Na skool neem die fasiliteerder haar na ons huis, doen huiswerk en bly by haar tot 16:00. 'n Positiewe gesindheid, eie vervoer en geldige rybewys is baie belangrik.

Posted: 09-09-2019
Salary: Competitive Salary

NOTE: Never make payment to any employer, person, company, contractor or agency to get hired for a Job.

How to apply?

Stuur asseblief verkorte cv na: 143nad@gmail.com

Related Jobs